50 - Steve Hofmeyr

50 deur Steve Hofmeyr is 'n Fotografiese herdenking van die lewe en loopbaan van een van Suid-Afrika se suksesvolste musikante en gewildste akteurs, met 'n geweldige aantal toegewyde bewonderaars. Die boek bevat foto's uit Steve se jong dae en sy deurbraak-jare in die musiekbedryf. Dit dek sy loopbaan in TV, rolprente en musiekblyspele, met inbegrip van Agter elke man, Egoli en 7de Laan. Dit volg sy loopbaan as 'n musikant, met staaltjies oor elk van sy albums en foto's van hom op die verhoog, agter die skerms en op toer. Dit sluit ook Steve se verhouding met die media, sy aktivisme en liefdadigheidswerk, en sy gevierde loopbaan as skrywer in. Die boek bevat 'n magdom foto's met byskrifte wat Steve self geskryf het.

Hierdie boek word uitgegee in die jaar dat Steve Hofmeyr 50 word en sy 25 jaar in die musiekbedryf vier.

Publisher:
Zebra Press
Edition:
First, 2014
ISBN:
9781770227491
Binding:
Softcover
Dimensions
26 × 21,2 × 1,8 cm
Condition:

Remaindered, fine

R135
In Stock:
2
Ask about this book
clickable button to message or call Bookfish using WhatsAppClickable image button to email bookfishclickable icon to call Bookfish using your phone