Die Griekwastad Moorde - Jacques Steenkamp

Die Griekwastad Moorde deur Jacques Steenkamp is die aangrypende vertelling van wat werklik op die plaas Naauwhoek op daardie noodlottige dag gebeur het, soos vertel deur die verslaggewer wat eerste daaroor berig het. Die vrede en stilte wat die Noord-Kaapse dorpie Griekwastad omvou het, is kort ná skemer op Goeie Vrydag, 6 April 2012, versteur toe ’n jong tienerseun in sy pa se Isuzu-bakkie die dorp ingejaag gekom het en met skreeuende remme voor die plaaslike en byna verlate polisiestasie tot stilstand gekom het. Dit was net voor 19:00 toe Don Steenkamp, slegs geklee in sy blou rugbybroekie, uit die voertuig gespring en, oortrek met bloed, die aanklagkantoor binnegehardloop het om die polisiebeamptes mee te deel dat sy ouers en suster op die familieplaas, Naauwhoek, wreedaardig geskiet en vermoor is. Alhoewel daar aanvanklik gedink is dat die moorde net nóg ’n plaasmoord was, is ’n sestienjarige seun maande later gearresteer, wat tot ’n reeks gebeurtenisse gelei het wat Suid-Afrika sou meesleur – en die mense van Griekwastad verdeel sou laat.

Book Title: 

Die Griekwastad Moorde

Subtitle: 

Die misdaad wat Suid-Afrika geruk het

Author: 

Steenkamp, Jacques

Publisher: 

Zebra Press

Edition: 

3rd

Year Published: 

2014

Binding: 

Soft cover

ISBN: 

9781770225626

Pages: 

372

Condition: 

Remaindered, fine

Dimensions: 

23 × 15.4 × 2.8 cm

Book Weight: 

1 kg

Publisher's Price: 

R210.00

Price: 

R85.00

In Stock: 

2
Front cover of Die Griekwastad Moorde - Jacques Steenkamp
Back cover of Die Griekwastad Moorde - Jacques Steenkamp